Net ’n Oomblik – Volume 2: Die Geur van Genade
Wat as een gedagte jou hele dag kan verander?
Soms het jy nie nóg woorde nodig nie. Net een waarheid, op die regte oomblik.
’n Storie wat jou weer laat kyk.
’n Skrif wat jou herinner.
’n Gedagte wat hoop terugbring.
Die Geur van Genade is Volume 2 in die Net ’n Oomblik-reeks en ’n versameling van 50 kort inspirasies uit gewone oomblikke, persoonlike stories en die verrassende maniere waarop God Homself in die alledaagse laat ontdek.
Lees een saam met jou oggendkoffie. Maak die boek oop wanneer jy nuwe perspektief nodig het. Of gee dit vir iemand vir wie ’n paar woorde vandag ’n verskil kan maak. Dalk wag daar tussen hierdie bladsye ’n sin wat presies op die regte oomblik by jou moes uitkom.
Oor die skrywer
Vir 25 jaar deel Dr. Eunicé van der Merwe deur Myrrh die simboliek en verhale van die olies, plante en geure van die Bybel. Haar liefde vir kort, praktiese geloofsinspirasie het ook vir tien jaar ’n bekende stem gekry deur haar gereelde inspirasie-insetsels op Die GROOT Ontbyt.
Die Geur van Genade bring iets van hierdie reis bymekaar, ’n uitnodiging om God ook in die klein, gewone oomblikke van jou eie lewe raak te sien.
Produkbesonderhede:
A5-formaat • Sagteband • 101 bladsye • Afrikaans • Volume 2 van die Net ’n Oomblik-reeks • 50 inspirasies
’n Pragtige boek om vir jouself te koop, of as ’n betekenisvolle geskenk vir iemand wat ’n bietjie hoop, genade en bemoediging nodig het.
R295,00




